LATEST NEWS >> 
Voelberinging - Maart 2013 (Local News)
 
Billy Attard met 'n melanistiese KleinsingvalkOns voŽlklub lei elke jaar die voŽlkykprogram, met 'n voŽl-beringingsnaweek by die Polokwane Natuurreservaat, in. Hierdie jaar was dit ook die geval gewees, met die uitsondering dat dit ietwat later as gewoonlik plaasgevind het. Dit was lieflike sonskyndae gewees met slegs die wind wat ietwat gepla het deurdat die voŽltjies dan die nette sien wapper, en so ook die Acasiatortilis!

Die gedagte was wel dat dit plaasvind voordat die trekvoŽls huiswaarts keer. So het dit dan ook gebeur dat Derek Engelbrecht en Billy Attard met die hulp van Koos du Plessis op beide dae vyftien trekvoŽls gering het.

Vir die Saterdag beringing was die Witkeelsanger (Common Whitethroat) die hoogtepunt gewees. Sondag se hoogtepunt was toe 'n melanistiese Kleinsingvalk (ook genoem Witkruissperwer) (Gabar Goshawk) gevang en gering is. Uit die groot totaal van 86 voŽls wat gering was, was 15 trekvoŽls gewees, dus ongeveer 17 persent.

Hierdie trekvoŽls was die volgende:
- Ses Hofsangers (Willow Warblers);
- Drie Rooiruglaksmanne (Red-backed Shrikes);
- Drie Diederikkies (Diderick Cuckoos);
- Een Witkeelsanger (Common Whitethroat);
- Een Paradysvlieevanger (African Paradise-Flycatcher);
- Een Bosveldvisvanger (Woodland Kingfisher);

Die meeste enkel spesies wat gering was, was die Swartkeelgeelvink (Southern Masked-Weaver) met 14, dan die Kleingeelvink (Lesser Masked-Weaver) met 11 en derdens die Rooibekkwelea (Red-billed Quelea) met 11. Daar was slegs een hervangs (retrap) gewees naamlik n Sabotalewerik wat op 26 Mei 2012 al hier gering was.

Ons se baie dankie aan al die klub se lede en besoekers wat hierdie beringingsessie by gewoon en ondersteun het. Sien julle daar - volgende jaar!
 
 
Compiled by: Billy Attard  
Published on: 2013-04-12  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«August 2017»
SMTWTFS
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 521
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding