LATEST NEWS >> 
Veloren Vallei NR / Lakenvlei - Dullstroom (Bird Outings)
 
Agt klublede het die wonderlike naweek bygewoon: Richter, Wilna, Chris, Sandrie, Almari, Anneliese, Thomas en Jody. Ons het oorgeslaap by die Forest Dawn Lodge, n baie goed ingerigte 7 slaapkamer (14 mense) huis naby Verloren Vallei NR. Ons het die eerste aand almal lekker saam gebraai en die naweek afgeskop met n sjerrie!

Die volgende oggend was almal mooi stiptelik reg en gepak vir VerlorenVallei NR. Ons gids vir die naweek, Frans Krige, was kort na 6 by ons plek en ons was oppad. Sommer vroeg begin ons al interessante spesies sien soos Bokmakierie, Bergklipwagter en in die verte veldpoue! Soos ons aanbeweeg in die fantastiese omgewing van berg grasveld, kliprantjies en vleilandjies sien ons onder andere Langtoonkliplysters, Bergpatryse, Rooivlerkpatryse, Sekretarisvoels, baie veldpoue en n paar Bergwagters.

Dis dag was effe koud met n lastige wind wat gewaai het, maar dit het ons glad nie afgesit nie. Ons het middagete geniet langs n bouval wat die wind so bietjie gekeer het. Almal het besluit om terug te keer na die huisie vir n middagslapie. Oppad terug moes ons n jongklomp help met n vierwielmotorfiets wat gebreek het en Chris se Renoster(bakkie) het tot hul redding gekom. Ons besluit toe om die Saterdag aand te gaan uiteet in Dullstroom en net voor dit het ons toe n vinnige draai gaan ry. Ons sien toe Kalkoenibisse, n Kransvalk, Bergwagters en veldpoue (van nader), Drakenberg-langstertjies en nog n paar ander. Ons almal het baie lekker saam uitgeeet in Dullstroom by die Old Transvaal Inn.

Langtoonkliplyster mannetjieVeldpou

Sondag oggend het ons opgepak en saam met Frans vir n laaste draai vir die naweek gery na Lakenvlei. Wat n mooivleiland! Ons sien 3 pare Mahems, 2 Witborsvleivalke, 2 Swartsperwers en die jackpot, 3 Lelkraanvoels!! Die naweek was baie suksesvol en ons bedank graag vir Frans vir al sy hulp. Dis beslis n uitstappie wat weer gedoen moet word.
 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2013-05-06  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«August 2017»
SMTWTFS
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 521
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding