LATEST NEWS >> 
Waterpoort Atlas naweek (Bird Outings)
 
Gedurende die naweek van 2-4 Augustus het 10 van ons lede gaan atlas bashing doen in die Mopane/Waterpoortomgewing. Ons het in 3 groepe verdeel en oor 2 dae altesame 22 pentads gedoen. In 2 verdere pentads is daar minder as 2 ure spandeer en tel dit as ad hoc pentads. Altesame 146 spesies is geidentifiseer.

Die groot aantal Vaalstreepkoppies (Lark-like Bunting) was n onverwagse waarneming aangesien hulle gewoonlik verder Wes voorkom. Op die laaste oggend het Richter n Gryskapokvoeltjie (Grey Penduline-Tit) eers gehoor en toe gesien. Dit het vir groot opwinding gesorg en was n lifer vir heel wat van ons.

WitkoluilVaalstreepkoppie

Ons het tuis gegaan in die ou plaashuis van Willem en Max Bester. Ons het heerlik gekuier en gebraai. Dankie aan almal vir n heerlike naweek en veral baie dankie aan Richter vir die tref van al die reelings.
 
 
Compiled by: Anneliese Pretorius  
Published on: 2013-08-16  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«December 2017»
SMTWTFS
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 537
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding