LATEST NEWS >> 
Poging 1 om pentad rekord te breek in Polokwane Wildtuintjie (Local News)
 
Die Tweede Suid-Afrikaanse VoŽl Atlas Projek het 1 Julie 2007 begin. Sedert die begin was daar slegs 3 keer dat 'n lys vir 'n enkele pentad oor 200 spesies ingedien is. Daar is tot op datum van skrywe reeds 97310 lyste ingedien en dit word net meer elke dag. Die eerste keer was deur Bruce Lawson op 1 Jan tot 5 Jan 2009 vir 'n pentad naby Pafuri en dit was 202. Onthou as jy 'n lys begin vir 'n pentad, mag jy slegs oor 'n maksimum van 5 dae kyk en minimum van 2 volle ure. 'n Pentad is 5min by 5min groot, dis rof weg 'n 9km by 9km blok.

Bruce het toe ook die 2de lys oor 200 ingedien op 26 Nov tot 30 Nov 2009 vir dieselfde pentad en dit was 212. Die rekord het vir 'n 2 jaar gestaan en is toe gebreek deur Rob Geddes op 26 Nov to 30 Nov 2011. Dit was gedoen in die westelike pentad van Mkhombo dam. Die telling was 217. Om so groot telling op te stel moet daar 'n paar faktore teenwoordig wees nl. 'n goeie verskeidenheid van habitats, goeie reŽn en jy moet die pentad baie goed ken.

So dis toe waar ek en Jody besluit het om dit te prober doen in die Polokwane wildtuintjie pentad van 2 Jan tot 6 Jan 2014. Die pentad begin ongeveer by Suid str (as Noordgrens) en dan gaan dit tot net ander kant die wildtuintjie (as Suidgrens). Die wesgrens is 'n entjie ander kant die N1 en die oos grens is net anderkant die vliegveld. Ons het hulp gehad vanaf Marcia, Derek, Daniel en Joe. Die eerste poging was nie baie goed gekoordineer nie. Ons wou slegs kyk of dit enigsins mootlik is om naby te kom.

Op die eerste dag het ek my geoefende roete gery om die grootste gros spesies neer te skryf. Ek het 'n hele paar interressante spesies gesien wat nie altyd so maklik is om te kry nie. Onderandere 'n hele paar sangertjies. By die alwynkoppie dammetjie is daar tans 'n paar Olyfboomsangers. Luister uit vir 'n heeserige, krasserige geluid wat aanhoudend roep. Binne die eerste uur was my lysie reeds op 62 spesies. Ek eindig toe op 153 vir die oggend sessie. Ons reel toe vir 'n nagrit om die nag spesies te probeer optel. Hier was dit ek, Marcia en Jody. Die spesies wat ons gekry het was Gewone Dikkop, Vlei-uil, Rooiwangnaguil, Afrikaanse naguil, Gevlekte Ooruil en Nonnetjie-uil. Na die eerste dag staan die lysie op 164.

Afrikaanse Naguil - Richter van TonderWitooievaar - Marcia van Tonder

Die tweede dag het goed begin met ons gereelde besoeker aan die gholf klub nl. Die Wespedief. Met die dat die meeste makliker spesies gesien is, moes ons begin konsentreer op spesifieke plekke waar spesifieke spesies mag voorkom. 'n Paar goeie idees vir die plekke vanaf Jody het die telling vir dag 2 opgeskuif na 179. Een van die mooi spesies vir die dag was 'n Trekdrawwertjie.

Wespedief - Richter van TonderTrekdrawwertjie - Richter van Tonder

Dag 3 het begin saam my vrou Marcia, Derek en Daniel in die wildtuintjie. Met ons eerste sessie in gumboots in een van die oorvol damme kry ons toe besondere skaars somer besoeker nl. Kleinwaterhoender! Dit is ook die eerste keer wat dit in die wildtuintjie op geteken word. Met Derek se hulp kon ons toe 'n hele paar van die uitstaande spesies kry. Ons sessie in die wildtuintjie sluit af met 'n baie opwindende Rooiborsvleikuiken. Nie 'n maklike outjie om te sien nie. Aan die einde van die dag staan ons op 193. Die moontlikheid om 200 te maak was besig om waar te word!

Dag 4 lewer slegs 6 spesies, maar dit beteken ons is op 199!

Dag 5 het dit byna heel dag gereŽn en die hoop om 200 te kry was besig om te kwyn... Maar toe kry ek 'n sms van Derek wat sÍ hy het Rooibekvuurvinkies gekry en Charls het 2 dae terug op die gholfbaan 'n Gewone Troupant gesien!! 201!! Dis toe ook die finale telling en slegs die 4de keer wat 'n lys oor 200 is. Met die dat ons wel 'n paar makliker spesies gemis het lyk dit goed dat ons wel die rekord mag breek in die nabye toekoms. Hou ons dop...
 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2014-01-10  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«August 2017»
SMTWTFS
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 521
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding