LATEST NEWS >> 
Zaagkuildrift na Kgomo-Kgomo Uitstappie 8 Maart 2014 (Local News)
 
Deur die modder poeleOns dag het vroeg begin met 6 lede van die klub (Richter, Gershwin, Conrad, Jody, Marc en Julia Friskin) wat 04:30 vanaf die golfklub se hek vertrek het. Met al die reen wat al geval het en wat nog voorspel is, was ons maar redelik bekommerd oor hoe die pad by Zaagkuil sou lyk en of ons tot by die vloedvlakte sou uitkom. Oppad soontoe het dit plek-plek fyn gereen en naby Kranskop kon ons sien dat die veld weerskante onder water was.

Die area waar ons beweeg het is by Pienaarsrivier en dan wes daar vandaan 26km op die Zaagkuildrift pad tot by die stat Kgomo-Kgomo, waar die vloedvlakte is. Dit was op die grens vandie Limpopo provinsie en Gauteng. Die eerste 20km op die grondpad ry jy nog in die Limpopo provisie en dan gaan jy oor in die Noord-Wes provinsie in.

Ons het vir Rowan van Tonder ontmoet naby die beginpunt van die Zaagkuildrift pad waar hy vir ons sommer met die intreeslag 'n Sprinkaansanger uitwys! Maar die outjie is van die moeilikste sangertjies om te sien en al wat ons kon kry was sy diagnostiese sang uit 'n digte bos langs die pad. Nogtans 'n fantastiese ervaring.

GrootglansspreeuBosveldvisvanger

Die pad verder was darem droog genoeg met so nou en dan poele modder water wat ons moes trotseer het. Die voellewe daar is tans ongelooflik met veral die verkillende tipe sangers wat ons gekry o.a. Sprinkaansanger, Europese Rietsanger, Hofsanger, Witkeelsanger en Kleinrietsanger. Van die mooier spesies was Witkatlagters, Bontkwartel, Grootglansspreeu, Bosveldvisvanger, Swartreiers, Geelborsstrandkiewiet, Fluiteende, Blouwangbyvreter en Rooiassie.

Lekker koffie en iets om te eetVloedvlakte by Kgomo-kgomo

Ons het darem ook gestop vir koffie en ander versnaperinge. Dankie aan die wat daar was. Julle het dit lekker gemaak, veral Marc en Julia wat nog die ou engelse name ken en ons wat nie meer so lekker dit kan onthou nie en moes rondsoek in hul ou Sasol veldgids vir die regte spesie. In totaal was 135 spesies gesien die dag.
 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2014-03-11  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«August 2017»
SMTWTFS
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 521
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding