LATEST NEWS >> 
Blouberg uitstappie (Local News)
 
Kremetart BoomOns oggend het lekker vroeg afgeskop toe 10 van ons, waarvan 2 potensiŽle nuwe klublede, 5:30 vertrek het na Blouberg NR. Na 'n effe verdwaal het ons Derek en 3 ander by die ontvangsarea gekry. Derek was die 'toerleier' vir die dag en ons het vertrek na 'n mooi kremetart waar ons koffie en oggendete kon geniet.

Hier het ons spesies gesien soos Rooikopwewer, Withelmlaksmans en Groenvlekduifie. Daarna het ons beweeg na 'n plekkie waarons by 'n sementdam stilgehou het en hier het 'n voŽlgeselsskap van 15 en meer ons vermaak. Ons sien onder andere Witkoluil, Witkruissperwer, Geelborskleinjantjies, Gewone Swartmees, RooibekrenostervoŽls en Ďn SpookvoŽl.

Na 'n goeie ruk van gesels en bespreking van die spesies beweeg ons toe na die Vyebos. 'n Pragtige stuk bos met groot bome en digte plantegroei. Hier gewaar ons toe die raserige en uitspattige Kuifkoptarentale wat almal vermaak het met hul masjiengeweeragtige geroep. 'n Boskrapper het mooi vertoon vir 'n ruk lank, sodat meeste hom kon bestudeer.

Ons is toe na die aasvoŽl restaurant om te sien wat vir ons wag. Hier was ons redelik verras deur 'n groterige groep aasvoŽls. 2 soorte was geidentifiseer nl. KransaasvoŽl en WitrugaasvoŽl. Die dag was lekker warm en almal het dit geniet.

Daar was ongeveer 70 spesies opgeteken vir die dag. Dankie aan Derek vir sy hulp en kennis.
 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2014-06-03  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«December 2017»
SMTWTFS
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 537
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding