LATEST NEWS >> 
Uitstappie na Schoemansdal - 29 Augustus 2014 (Local News)
 
Foto deur Sandrie de WetRichter en Mercia jaag ons BAIE vroeg op en met vier karre ry ons vyf-uur reeds uit Polokwane, om so half-sewe by Schoemansdal aan te kom. Daargekom wag 'n hele klomp Kuifkoptarentale ons in en so half ongeskik spring ons uit met ons kameras en vergeet amper om vir Dalene en Danie (ons nuwe lede) te groet van skone opgewondenheid oor die tarentale wat so uitsonderlik mak is. Tussen die lang lense van Jody en Dalene en die mik-en-drukke van Almarie en ons ander, neem ons ‘n dik album vol fotos maar omdat hulle net nie will stil staan nie, is die meeste uit fokus! Wat 'n lekker ondervinding om te sien hoe die tarentale uit Johan (ons een gasheer) se hand eet!

Na 'n lekker koppie koffie van ons vriendelike gasheer loop ons die tuine plat en sien/hoor ons sowat 55 verkillende spesies. Ongelukkig ontduik die Konkoit weereens vir Jody, Saartjie, Annemarie en Willie, al hoor ons hom die hele tyd 'net hier anderkant die bos'. Willie stap die berg amper tot bo, maar wat wou… al wat hy hoor is 'n Bosloerie. Conrad hoor TWEE Rooikophoutkappers, en so kuier-kuier sien en hoor ons onder andere die Waaierstertvlieëvanger, Groenvlekduifie, Donkervlieëvanger, Kaapse Bosbontrokkie, Bloukuifvlieëvanger, Bloukuifloerie en die Blou Katakoeroe.

Die wat nie té moeg en té oud was nie, stap toe na die watervalletjie en daar sien Ricther nog die Gestreepte Koester en ek neem 'n Konkoit af met die hulp van Gershwin en Google.

Schoemansdal se gronde is baie mooi versorg en skoon, die mense is vriendelik, gaaf en behulpsaam. Hierdie plek sal ons definitief weer sien...

 
 
Compiled by: Sandrie de Wet  
Published on: 2014-08-30  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«October 2017»
SMTWTFS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 535
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding