LATEST NEWS >> 
Visuil poging - Club Ranch Safaris (Local News)
 
Op soek na die VisuilOns was weer vroeg uit die vere Sondagoggend 31 Augustus om een van die groot 6 (in voŽl terme) te sien. Vir sommige is diť voŽl slegs 'n miete en vir ander 'n besonderse spesie wat lank onthou sal word nl. die Visuil. Ons was 9 opgewonde voŽlkykers wat die pragtige uil die dag gaan soek het. Richter, Marcia, Gershwin, Conrad, Geoff en dan ons gaste van Birdlife SA en WitsvoŽlklub: Hanneline, Linda, Lance en Andy.

Dis altyd 'n wonderlike ervaring om in die Limpopovallei te gaan voŽls kyk. En ons het natuurlik weer besondere spesies gesien en gehoor. Ons was net na 7:30 daar en het ook sommer die gebied ge-atlas vir wetenskaplike navorsing.

Met aankoms het 'n trop beeste ons gegroet met tientalle RooibekrenostervoŽls op hulle. Ons het toe nie verder tyd gemors nie en was na 'n vinnige koppie koffie in die Limpoporivier na die bekende eiland waar ons miete vir ons wagÖ Daar was nog so bietjie water in die rivier en ons moes eers ons skoene uittrek om deur te stap. Daarna was ons op die eiland en het die soektog begin. Ons kry toe 'n paar van die uil se vere rondlÍ en ons voel dat ons hom enige oomblik gaan sien... Maar te vergeefs en vir sommige van ons in die groep word die uil se reputasie as miete net groter. Darem was daar natuurlik heelwat ander spesie wat ons laat goed voel het om te kon sien soos: Witkopkiewiet, Bosveldpapegaai(lifer vir sommige), Tropiese Waterfiskaal, BromvoŽl en Gompoue wat altyd mooi is om te sien buite die reservate, Kortbeksuikerbekkie, Geelvlekmossie Grootheuningwyser, WaaierstertvlieŽvanger en die BlougrysvlieŽvanger om maar 'n paar te noem. Saam het ons naby die 100 spesies gesien vir die Club Ranch Area.

Dankie aan almal wat daar was en volgende keer probeer ons weer!

 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2014-09-01  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«June 2017»
SMTWTFS
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 502
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding