LATEST NEWS >> 
Somer CWAC 2015 (Local News)
 
Soos ons weet moet CWAC elke Somer en Winter gedoen word by die geregistreerde damme. Ek (Richter), Conrad en Lynette het weer die Polokwane voelpark gaan besoek om die telling waar te neem. Vir die wat nog nie daar was of onlangs daar was nie, die voelpark bestaan uit 3 damme wat water kry vanaf die rioolplaas en ook natuurlik reenwater. Tans is daar geen water in dam 1 nie, al wat wel opgaar daar is reenwater en uit die 2 poele wat in dam 1 is kon ons wel Bontkiewiete, Rooipootelsies, Rooibekeende, Nonnetjie-eende en bosruiters kry.

Ons het wel 'n onverwagse skaars spesie langs die dam in die bosse gewaar nl. 'n Lysternagtegaal! Die munisipaliteit is besig om dam 2 skoon te maak so daar was ook geen water in nie. Dam 3 het darem nog water in en daar was o.a. Swartriethane, Grootlangtoon, Gewone Nagreiers, Kaapse Riet - en Vleisangers, Grootwaterhoenders, Kleinrietsangers en 2 Europese Vleisangers! Met die dat daar min water was was ons vroeg klaar.

Spesies wat getel is en hoeveel van elk:
Kaapse Vleisanger - 9
Bontkiewiet - 32
Nonnetjie-eend - 3
Skoorsteenveer - 34
Rooibekeend - 20
Grootrietsanger - 2
Driebandstrandkiewiet - 2
Kaapse Rietsanger - 7
Rooipootelsie - 2
Kolgans - 2
Bosruiter - 6
Bruinkopvisvanger - 3
Swartriethaan - 10
Gewone Vleiloerie - 1
Europese Vleisanger - 2
Grootwaterhoender - 3
Gewone Kwikkie - 1
Grootlangtoon - 1
Kleinrietsanger - 1
Gewone Nagreier - 5

Dankie aan die wat deel geneem het.
 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2015-03-03  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«December 2017»
SMTWTFS
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 537
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding