LATEST NEWS >> 
Beginners Uitstappie Polokwane Wildreservaat (Local News)
 
Klublede by die uitstappie'n Klomp van die klub se lede het weer opgedaag met 'n paar nuwe gesigte by. Ons eerste stopplek in die reservaat was by die koppie agter in die naby die piekniek plek. Dit het die vorigeaand lekker gereen en dit het gemaak dat dit koel was met min stof. Hier het ons vining al ons eerste spesie gekry nl. Bruinkeelbossanger wat ons mooi kon bestudeer en afneem. Ons het stadig om die koppie beweeg en kon 'n EuropeseVlieevanger van alle hoeke bekyk soos dit besig was om goggatjies te vang. Baie Europese swaeltjies het rondom ons baljaar met hier en daar 'n ander spesie soos Huisswael en Witkruisewindswael wat verby gevlieg het.

Gevlekte ArendOns het toe van hier af beweeg na die piekniekplek en oppad soontoe het ons die voel van die dag gesien. 'n Gevlekte Arend! Dit het almal opgewonde gehad. Vir meeste was dit 'n LBJ (Large Brown Job), maar met die fotos wat geneem was en met verduideliking het almal iets nuuts geleer. Na die opgewondenheid het ons by die pieniekplek aangekom en n koffietjie geniet. In die piekniekplek self kon ons spesies bekyk soos Rooibeklyster, Piet-my-vrou, Fiskaalvlieevanger, Koringvoel, Rooiborslaksman en Kleinglansspreeu. Ons het van hier beweeg na 'n kleindammetjie en kon spesies kry soos Akasia Grysmees, Bontnuwejaarsvoel, Witkeeljanfrderik en Grootwaterhoender. Hier het ons onsself opgeskerp op voelklanke met spesies soos Swartriethaan, Swartkatakoeroe en Rooikophoutkapper. Terug by die piekniek plek het 'n groepie Kaapse Kapokvoeltjies 'n verskyning gemaak.

Almal het weer lekker saamgepraat en ondervinding en kennis is uitgeruil. 'n Paar lede het ook 'lifers' gekry! Dankie, aan almal wat daar was. Ons sien uit na die volgende een.
 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2015-04-07  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«October 2017»
SMTWTFS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 535
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding