LATEST NEWS >> 
Forest Drive Uitstappie - Aug 2015 (Local News)
 
Group of BirdersOns het die oggend vroeg begin en was al 6:30 by die Magoebaskloof hotel waar ons gegroet is met digte mis. Tien van ons het toe beweeg na die Forest Drive wat alom bekend is vir een van die beste plekke in Suid-Afrika vir woud spesies. Met ons aankoms aan die bokant van die forest drive het ons eers koffie en koekies geniet waar 'n hele paar Geelstreepboskruipers (Yellow-streaked Greenbul) ons vermaak het. Die mis was nog baie dig en ons het meer gehoor as gesien. Spesies wat ons wel gesien het bo aan die roete was Woudpapegaaie(Cape Parrot), Bandkeelkleinjantjies (Bar-throated Apalis), Klein-rooibandsuikerbekkie (Southern Double-collard Sunbird), Olyfboslaksman (Olive Bushshrike), Kleinbyvanger (Square-tailed Drongo) en Kaapse Glasogies (Cape White-eye).

Soos ons laer af beweeg het op die roete en die dag al warmer word het die mis ook lig. Een van die gesogte spesies op baie se lys is die Bosloerie(Narina Trogon) en die het ons al die pad af gehoor maar nooit gesien nie. Jammer Andy, ons probeer weer volgende keer.

Spesies wat ook op ons lys gekom het was Geelkeelsanger (Yellow-throated woodland warbler), Knysnaloerie (Knysna Turaco), Oranjelyster (Orange Groundthrush), Kaalwangvalk (African Harrier-hawk), Witkoljanfrederik (White-starred Robin), Afrikaanse Sperwer (African Goshawk) en meeste se gunsteling Bloukatakoeroe (Grey Cuckoo-shrike).

Interressante spesies wat gehoor was was Ruitesanger (Barrat's Warbler), Gevlekte Heuningwyser (Scaly-throated Honeyguide) en Swartoogboslaksman (Black-fronted bushshrike). Ons het onsuitstappie beeindig by die De Hoek hutte waar elkeen op sy eie aan beweeg het om die geheime van die natuurlike inheemse bergwoud verder te leer ken.
 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2015-09-08  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«October 2017»
SMTWTFS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 535
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding