LATEST NEWS >> 
Witsieshoek 'MAD DASH' (Local News)
 
Die manlike deel van die Wat-Kyk-Jy span het weer besluit, soos in Augustus 2015, om weer op een dag ('Mad Dash') 'n deel van ons land te dek vir moontlike 'Lifers'. In Augustus 2015 het ons in een dag, vanaf Pretoria, Kimberley se omgewing gedek as ook omgewings nader aan Bloemfontein.

Ons het besluit om op 30 Januarie 2016 deur te skiet in een dag na Witsieshoek (900km soontoe-en-terug). Die area is geleŽ teen aan die Drakensberg reg aan die noordelike deel van Lesotho. Die area wat gedek was het geval in pentad 2840_2850. Dit sluit in Witsieshoek Mountain Lodge en Sentinel Peak staproete (na die Tugela waterval). Dit is ook die besigste roete in die Drakensberg. Dit word baie deur buitelanders besoek.

Die doel van die 'Mad Dash' was om 4 'Lifers' te teiken. Die spesies is as volg:
1. BaardaasvoŽl / Bearded Vulture - Lifer vir Jody
2. Oranjeborsberglyster / Drakenberg Rockjumper - Lifer vir Jody en Richter
3. Bergpietjiekanarie / Drakensberg Sisken - Lifer vir Jody en Richter
4. Bergkoester / Mountain Pipit - Lifer vir Jody, Richter en Rowan

Ons het 2:30am weggetrek uit Pretoria en daar aangekom 6:30am. Ons het aanvanklik tot en met 9:45am voŽls rondom die Witsieshoek Mountain Lodge geteiken. Hier het ons 3 van die geteikende 'Lifers' probeer kry maar met geen sukses. Die lodge bestuur het selfs vir ons 'n been uitgesit om die BaardaasvoŽls te trek, maar na omtent Ďn uur het slegs twee Withalskraaie kom ondersoek in stel en Ďn lokasie hond. Ons het wel spesies in die grasveld rondom die lodge gekry wat ook 'n eerste was vir nie pentad, nl. Geelborskoester en 'n Afrikaanse Kwartel. Ander spesies van belang was Kaapse Kanarie, Jangroentjie, Witpenswindswael, Bergpatrys, Oostelike Rooipootvalk, en Rooivlerkspreeus.

GeelborskoesterBergpatrys

WithalskraaiJangroentjie

Lank genoeg gewag beluit ons maar om ons kanse te neem met die Sentinel Peak stap roete. Ons ry toe nog 8km tot by die Sentinel parkeer terrein en ook die begin van die stap roete. Die staproete begin op 'n hoogte van 2540m bo seevlak en eindig op 3005m bo seevlak, dus 'n 465m styging/klim. 'n Fooi van R60pp en ons poet voet. Die gids by die ontvangs sÍ dis 3ure se stap tot bo en weer 2 ure af. Ons besluit toe om dit sommer in 2ure op te doen en 1uur 30min af. In ons haas na bo stop ons by die eerste punt wat deur Martin Benadie aan ons verskaf is vir 'n spot om die Oranjeborsberglyster te kry. Skaars by die spot aangekoem en daar spring hul oor die klippe rond. BOOM! Eerste 'Lifer' van die dag en ons het weer hoop. Ons kry toe sommer nog 3 ander pare langs die roete oppad na bo.

Ons drieOranjeborsberglyster

Halfpad met die roete op, so rondom 2860m bo seevlak, klap ons nog twee van die vier geteikende 'Lifers', nl. BaardaasvoŽl en Bergpietjiekanarie. Die BaardaasvoŽl het rondom Sentinel Peak gesweef en die Bergpietjiekanarie het gereageer op die terugspeel van sy eie roep.

Sentinel PeakBaardaasvoŽl

BergpietjiekanarieSjoe! 3 uit die 4 was 'n baie goeie tref skoot poging. Richter en Jody het nou albei al 'Lifers' bygevoeg, maar ek (Rowan) is toe die die enigste een met nog geen 'Lifer' nie.

Ons navorsing het wel getoon dat die Bergkoester meer gereeld bo-op die platorand gekry word as enige ander plek in die somer seisoen. Ons almal kort darem die selfde spesie (Bergkoester) en ons strompel toe maar voort na die bo-punt. Naby aan die einde van die roete moet mens twee stelle lere klim om bo te kan uit kom. Dit was nogal senutergend.

JodyRichter

Uit eindelik bo aan gekom, met 'n sagte mot reŽn wat begin val, begin ons om die Berg koester to soek. 10 minute later en ons flush toe 'n moontlike kanidaat. Jody is al agter die koester aan om net 'n foto te kan kry sodat ons beter kon sien en identifiseer. Waaragtig dit is toe die Bergkoester. Daar was 'n paarjtie asook 'n enkele Gewone Koester maar die photo rekord kon dit help bevestig.

RowanBergkoester

Dit was 'n sug van verligting toe ons die outjie opspoor en ook ons kwota voltooi, veral na al daardie moeite om tot hier te gekom het. Ons teken toe op die ou ent 42 spesies in die pentad aan. Die lys volg hier onder in kronologiese volgorde:

Jangroentjie
Veereier
Fiskaallaksman
Visarend
Europese Swael
Kleinste Klopkloppie
Bokmakierie
Kaapse Glasogie
Gewone Janfrederik
Drakensberglangstertjie
Witkruiswindswael
Grootstreepswael
Huiltinktinkie
Oranjekeelkalkoentjie
Rooivlerkspreeu
Gewone Tortelduif
Gryskopmossie
Swartwindswael
Huisswael
Oostelike Rooipootvalk
Witpenswindswael
Bergpatrys
Geelborskoester
Afrikaanse Kwartel
Kaapse Kanarie
Gewone Spekvreter
Swartkopreier
Europese Windswael
RooiborsjakkalsvoŽl
Geelbekwou
Klipstreepkoppie
Oranjeborsberglyster
KransaasvoŽl
BaardaasvoŽl
Witooievaar
Bergpietjiekanarie
Gewone Koester
Bergkoester
Kransvalk
Swartoogtiptol
Kransswael

 
 
Compiled by: Rowan van Tonder  
Published on: 2016-02-10  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«December 2017»
SMTWTFS
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 537
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding