LATEST NEWS >> 
Uitstappie na Mockford Plaas Outing to Mockfords Vulture Restaurant (Local News)
 
Palm-nut Vulture by Leonie KellermannSaterdag oggend toe die son sy eerste strale tussen die yskoue gras uitsteek toe bewonder ons groep al klaar 'n paar Langkuifarende in die dooie bome by die Mocfords se plaashek.

Onder Richter se leiding het ons die pad na die AasvoŽlrestaurant aangepak met die hoofdoel om die Witaasvoel (Palm-nut Vulture) te kan sien. Die trekker en sleepwa het net 'n paar oopgsnyde varke afglaai toe ons daar aankom en Maraboes en Kraaie en 'n paar AasvoŽls het al klaar gewag om te begin vreet.

Binne 'n uur het hordes AasvoŽls begin aankom en toe die groot opgewondenheid...die WitaasvoŽl (Palm-nut Vulture) vlieg verby die uitkyk venster en almal kon hom so vinnig mooi sien. Na die tweede draai kom sit hy toe in 'n boom lekker rustig saam met ander AasvoŽls. Die kameras was warm fotos geneem. Ses Jakkalse het ook ewe rustig binne die kameras se lense kom lÍ en verskeie voŽls oa Rooiborslaksman het om die glasvensters van die skuiling gewei.

Photographers by Leonie KellermannEen van die AasvoŽls was met 'n nommer gemerk en ek het die voŽl afgeneem en op Facebook gedeel om uit tevind waar kom die voŽl vandaan. Die no 025 het behoort aan 'n KransaasvoŽl(Cape Vulture) wat Kate Webster in Januarie 2015 met 'n beseerde been by 'n boer gaan oplaai het. Hy is toegerus met 'n GPS en is in Maart 2015 vrygelaat. Sir Adelaide soos die voŽl genoem is se roetes is vir maande gevolg van Bedfordt na Hofmeyer en Zastron tot in Lesotho en Harrismith tot by ST Lucia en toe raak die sein weg tussen Newcastle en Ladysmith. Na 'n jaar is aangeneem dat die voŽl dood is. Die foto het bevestig dat Sir Adelaide nog lewe en daar was groot vreugde by Webster. Die storie het tot die koerante gehaal.

Vanaf die skuiling het ons nog van die damme besoek waar verskeie voŽls oa die Afrikaanse snip (African Snipe) en ander watervoŽls gesien is. Ons het 'n totaal van 96 spesies gesien vir die dag.

Images by Leonie Kellermann

 
 
Compiled by: Leonie Kellermann  
Published on: 2016-07-09  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«October 2017»
SMTWTFS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 535
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding