LATEST NEWS >> 
Last Post Nature Reserve - 08 Oct 2016 (Local News)
 
Die dag se weer was winderig en koud tot en met so 10:00 se kant, wat gemaak het dat die voŽls tot laat nog besig was met hul geroep en soek na kos. Die area is baie droog en reŽn is dringend nodig daar en so ook die res van ons gebied. Dit het natuurlik 'n invloed gehad op die spesiale spesies wat gesien is en ook die wat nie gesien is nie.

Die doel van die dag was om die Oranjevlerkmelba(Orange-winged Pytilia) te kry wat seker een van die moeilikste spesies is om te sien in Suid-Afrika. Die outjie was laas in April 2009 by Last Post gesien deur Koos Du Plessis. Ek, Jody en Rowan het die ekspidisie aangepak met 'n gemiddelde verwagting om hom te kry.

Interressante habitat en omgewing wat deur hierdie spesie verkies word. By Last Post is dit baie heuwelrig en jy is op die punt van die platorand wat veroorsaak dat jy 'n mengelmoes van habitatte kry. Dit is hoofsaaklik breŽblaar boswÍreld met goed ontwikkelde riverbos en groot klip koppies.

Met aankoms is ons gegroet deur 'n groep Swarthelmlaksmans(Retz's Helmeted-shrike) wat skaars is vir die omgewing. In terme van trekvoŽls het ons maar min gesien en gehoor. Ons het wel 'n mooi Bruinarend(Wahlberg's Eagle) gesien.

Die Mocking Chat Lodge het sy naam gestand gedoen met 'n DassievoŽl(Mocking Cliff Chat) paartije. Hier het ons verwoed begin soek vir die Oranjevlerkmelba(Orange-winged Pytilia). Al wat jy sien en hoor is Swartoogtiptolle(Darkcapped Bulbuls). Daar is honderde van hulle daar. Gelukkig was darem ook ander spesies en wat 'n verrassing om 'n groepie van seker 6 Grys KapokvoŽltjies(Grey Penduline-tit) te sien. Ons het die plek plat gery en van die spesies wat gesien is: GrysneushoringvoŽl(African Grey Hornbill), Geelborswille(Yellow-bellied Greenbul), Oranjeborsboslaksman(Orange-breasted Bush-shrike), Gewone Swartmees(Southern Black Tit), Geelborskleinjantjie(Yellow-breasted Apalis), SkerpbekheuningvoŽl(Brown-backed Honeybird), Gestreepte Visvanger(Striped Kingfisher), Kaalwangvalk(African Harrier-hawk), Baardwipstert(Bearded Scrub-robin), Withelmlaksman(White-crested Helmet-shrike), Kaapse Bosbontrokkie(Cape Batis), Konkoit(Gorgeous Bush-shrike), BlougrysvlieŽvanger(Ashy Flycatcher), WaaierstertvlieŽvanger(Grey-tit Flycatcher), Kortbeksuikerbekkie(Collared Sunbird), Luitinktinkie(Lazy Cisticola), Grootheuningwyser(Greater Honeyguide).

Die vraag is nogsteeds: Het ons hom gekry? Die antwoord: ... nee. Maar ons sal weer terugkeer as dit weer goed gereŽn het. 63 spesies is opgeteken vir die pentad. Dankie aan Henk Fourie wat ons elke keer toelaat om daar te beweeg. Ek vra dat julle hom sal ondersteun deur 'n aand of twee te gaan oorslaap in die wonderlike Mocking Chat Lodge. Wie weet, dalk word julle verras!

Swarthelmlaksman/Retz's Helmeted-shrikeBruinarend/Wahlberg's Eagle


Images by Jody de Bruyn

 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2016-10-31  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«August 2017»
SMTWTFS
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 521
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding