LATEST NEWS >> 
Nyslvley Uitstappie - 25 Februarie 2017 (Local News)
 
Die opkoms vir die uitstappie was noemenswaardig swak, aangesien dit die keer 'n goeie nat seisoen is, wat 'n paar skaars watervoŽls mag trek en dit normaalweg 'n gewilde uitstappie is. Met berigte dat daar reeds skaars trekvoŽls is wat gesien is het ons (Richter, Jody, Conrad en Gershwin) vroeg die oggend uit Polokwane vertrek met die hoop op iets spesiaals. Ons was reeds net voor 6 uur by Vogelfontein, wat aan die noordooste kant van Nylsvley Reservaat is. Die area het goeie reŽn die laaste week gehad en dit was effe mistig met ons aankoms.

Ons skop toe dadelik af met 'n hele paar lekker waterspesies soos Gewone Nagreier (Black-crowned Night Heron), Ralreier (Squacco Heron), Europese Vleisangers (Sedge Warbler), en 'n Europese Rietsanger (Marsh Warbler) by die parkeerarea. Die dag was gelukkig koel en die voŽls aktief en ons was binne die eerste uur reeds op 66 spesies. Ons het ook vir Fires en Leonie daar ontmoet wat rustig verder op hul eie beweeg het.

Europese Vleisanger (Sedge Warbler)Ralreier (Squacco Heron)

Ons het meer as drie ure by Vogelfontein spandeer en het amper moed verloor toe Jody iets langs die grondpad teen die grasse gewaar. Met Ďn geskarrel by alle partye en die flits van vlerke, trippel die outjie toe oor die pad en Jody was reg om hom af te neem. 'n Pragtige Gevlekte Riethaan (Spotted Crake) wat ons toe vermaak vir 'n paar sekondes. Dit was 'n lifer vir 2 van ons en 'n Limpopo lifer vir almal!

Gevlekte Riethaan (Spotted Crake)   

Conrad van TonderOns kon toe met meer geruste harte aanbeweeg na die reservaat se kant toe. Die Jacana Skuiling, in die reservaat self, is darem oor gedoen. Maar daar is tans net een van die drie skuilings by Vogelfontein wat nog staan. Die hele area is sleg onderhou en dis jammer dat die ander skuilings nie al vervang is nie. Dit klink wel vir my of daar 'n plan is om dit te herstel. Ons spesielys het geŽindig op 127 vir pentad 2435_2840. Die wat nie daar kon wees nie het beslis uitgemis.

Richter van Tonder (text) and Jody de Bruyn (photos)

 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2017-02-25  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«June 2017»
SMTWTFS
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930 

LIMPOPO 2017
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 502
POLOKWANE 100K
BIRDING CHALLENGE
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding