LATEST NEWS >> 
Eshowe naweek uitstappie: Sep 2017 (Local News)
 
Wat 'n heerlike naweek - diep in die bosveld langs die Limpoporivier in die teenwoordigheid van die beste gasheer en gasvrou waarvoor enigiemand kan hoop. Vrydagmiddag het die wat bevoorreg was om vroeg te ry, al heerlik gekuier, gebraai en nesgeskrop terwyl die laatslapers so stuk-stuk daar aangekom het, met Richter en Rowan laaste in die ry net voor middernag.

Vroeg Saterdagoggend is ons almal op en na 'n vinnige koppie koffie, dadelik te voet af met die pad om die Swartberglysters (Boulder Chat) te soek. Gelukkig is Jody, Richter en Rowan daar en met hulle vernuf neem dit minder as 15 minute voor ons hulle sien. Almal in die groep sien hulle meer as een keer mooi en kry kans om hulle goed te identifiseer, en kry ook selfs 'n foto in. Natuurlik is almal in die sewende hemel oor die besonderse skaars voŽltjies, wat eintlik nie in Suid Afrika voorkom nie. Ek en Jody is toe eers agter die voŽltjies aan om te kyk of ons nie beter fotos kan kry nie. Dis op en af en oor klippe, bosse en deur take, maar opgee is nie 'n opsie nie. Jody is 'n 'pro' en nie lank nie of hy kry sy foto - weereens 'n besonderse foto.

Boulder Chat - a regional rarity in South Africa and a real first class special   

Die res van die groep kyk voŽltjies al met die pad langs en die lysie groei vinnig. Anneliese neem die mooiste foto van 'n suikerbekkie, terwyl die Withelmlaksmanne (White-crested Helmetshrike) en Gewone Spekvreters (Familiar Chat) vir Thomas, Saartjie, Conrad en Gershwin vermaak. Ons sien onder andere 'n Rooioogtiptol (African Red-eyed Bulbul), Papegaaiduiwe (African Green Pigeon), Bruinkoppapegaaie (Brown-headed Parrot) en SkerpbekheuningvoŽl (Brown-backed Honeybird) en ons is almal verstom oor die hoeveelheid verskillende spesies wat ons in so kort rukkie sien. Baie tevrede is ons terug kampplek toe om gou die piekniekmandjies te pak.

Rassie, Kabous, Marcia en Thomas laai ons op en ons ry die plaas plat opsoek na voŽls. Die weer is heerlik en die son skyn 'n hond-uit-'n-bos uit. Ons sien onder andere Swaelstertbyvreters (Swallow-tailed Bee-eater), hoor die Boskorhaan (Red-crested Korhaan) en soek na die Driebanddrawwertjies (Three-banded Courser) maar ongelukkig sonder sukses. By die rivier hou ons piekniek en kort-kort vlieg 'n roofvoŽl oor, onder andere 'n SwartaasvoŽl (Lappet-faced Vulture), Kaalwangvalk (African Harrier-hawk), Visarend (African Fish Eagle) en WitrugaasvoŽl (White-backed Vulture). Die kindertjies geniet die uitstappie baie en tussen die ma's - Wendy en Marcia - en Ouma Adri, word hulle almal te heerlik bederf met lekker eetgoed.

Terug by die kamp, doen elkeen sy eie ding. Party gaan ry die vlot, ander soos Natasha en Saartjie sit net en kuier terwyl die ander 'n uiltjie gaan knip het. Laatmiddag is dit toe die oumense se beurt vir vlotry en Rassie vat ons op 'n 'sunset cruise' terwyl ons die watervoŽls en sonsondergang geniet. Dit was ongelooflik lekker en spesiaal. Ons sien 'n Witborsduiker (White-breasted Cormorant) en Gewone Nagreier (Black-crowned Night Heron) wat, tot ons verbasing, albei later as 'buite hul gebied' gemerk word deur SABAP2.

Prentjiemooi is Eshowe   

Die aand braai ons heerlik en luister na die naggeluide van die Afrikaanse Naguiltjie (Fiery-necked Nightjar) en Skopsuiltjie (African Scops Owl). Sondagoggend vroeg-vroeg is party terug huistoe en die ander eet eers weer 'n heerlike ontbyt en loop daarna die kampplek plat. Kabous wys vir ons hoe vlieg sy hommeltuig bo van die dek af en maak 'n Reuse-ooruil (Verreaux's Eagle-owl) wakker wat ons duidelik kon hoor roep. Die laaste paar bittereinders probeer eers nog vir oulaas 'n paar mooi fotos neem van 'n Witkoluiltjie (Pearl-spotted Owlet), Witkeeljanfrederik (White-throated Robin-chat) en Swartkopwielewaal (Black-headed Oriole).

Ons sluit 'n heerlike naweek af met die lysie wat raak-raak aan 130 verskillende spesies. Baie dankie Rassie en Adri vir 'n onvergeetlike naweek.
 
 
Compiled by: Sandrie de Wet  
Published on: 2017-09-10  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«September 2018»
SMTWTFS
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30 

LIMPOPO 2018
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 518
POLOKWANE 100K
CHALLENGE 2018
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding